Aartappel-en-spek-kroket met slaai
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

(6 porsies)
30 minute
6 aartappels (600 g), geskil
45 ml olyfolie
250 g spek, fyngekap
60 ml botter
hand vol gekapte pietersielie
3 eiers
280 g (500 ml) koekmeel
sout en varsgemaalde swartpeper
150 g broodkrummels
sonneblom-olie vir diepbraai
slaaiblare van jou keuse
Kook aartappels tot sag en gaar. Verhit olyfolie tot warm in middelslag-braaipan. Voeg spek by en braai tot bros en gaar, sowat 5 – 8 minute. Druk aartappel fyn met ‘n aartappeldrukker. Voeg botter en gaar spek by. Voeg pietersielie, 2 eiers en meel by. Meng goed. Geur goed met sout en swartpeper. Klits die oorblywende eier liggies. Skep lepels van die beslag en doop in geklitste eier, gevolg deur broodkrummels. Hou aan tot al die beslag op is. Verhit olie tot warm oor matige hitte. Braai aartappel-krokette tot goudbruin en bros, sowat 3 – 5 minute. Sit warm voor
met slaai van jou keuse.
コメント