AARTAPPELSUURDEEG
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

2 medium aartappels geskil en gerasper
25 ml suiker
500 ml kookwater
10 ml sout
3 ml aktiewe gis
125 ml lou water
Fles met deksel
Gooi kookwater oor aartappels en laat afkoel. Week gis in 125 ml lou water. Meng suiker, sout, en geweekte gis goed met die lou aartappelmengsel. Gooi in fles en skroef toe - nie styf nie.
Maak warm toe en laat 6 tot 8 uur lank op warm plek staan. Die suurdeeg sal skuimerig word en die fles vul, of selfs uitloop as gis baie aktief is. As gis te lank gehou word sal gis verswak.
Hou 250 ml gis in fles vir plantjie.
Syg die res deur draadsif.
Knie volgens insuur of direkte deeg metode.
Opmerking: Die plantjie sal 8 tot 10 dae lank op ´n koel plek goed hou. As dit weer aangemaak word, word daar nie weer gis bygevoeg nie, net die res van die bestandele. As plantjie mettertyd verswak moet ´n klein hoeveelheid gis bygevoeg word, of anders kan ´n nuwe plantjie gemaak word.
Yorumlar