APPEL BLATJANG
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

1 kg groen appels
1 groot ui, gerasper
375ml bruinsuiker
375ml asyn
125ml lemoensap
3 brandrissies, fyn gekap
5ml gemaalde gemmer
sout na smaak
3 knoffelhuisies, gekneus
Skil en ontkern appels.
Rasper die appels.
Meng al die bestanddele goed saam.
Laat prut dit ongeveer 40 minute lank totdat die blatjang dik en souserig is.
Skep die blatjang in warm gesteriliseerde flesse en maak seker dat daar geen lugblasies vorm nie.
Verseël dit.
Bewaar die blatjang op ‘n koel droë plek.
Comments