top of page

BILTONG

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 7, 2015
  • 1 min read

biltong.jpg

25 kg vleis van goeie gehalte, bv. dy, diklies of binneboud

200 - 400ml heel koljander

500g - 1kg sout

12.5 ml salpeter

25 ml koeksoda

12.5 ml peper

Asyn

Warm water

225 ml suiker

Sny die vleis met die draad langs in lang stroke - so dik of dun soos jy dit verkies. Onthou: hoe minder vet aan die vleis is, hoe langer kan dit gebêre word omdat vet mettertyd galsterig word. Verhit 'n pannetjie oor matige hitte en rooster die koljander daarin, totdat dit 'n welriekende geur begin afgee.

Maal en sif die geskroeide koljander.

Meng die koljander, sout, suiker, salpeter, peper en koeksoda en vryf die mengsel met die hand oor elke stuk vleis.

Pak die vleis in lae in 'n houtbalie, erdehouer of plastiekhouer en strooi die orige soutmengsel tussen elke laag.

Pak die dik gesnyde stukke onder en die dunner stukke bo-op. Sprinkel 'n bietjie asyn bo-oor die vleis en laat dit oornag staan.

Biltong met baie vet aan moet langer lê, want dit neem langer om sout te absorbeer.

Meng 200 ml asyn met elke 2.5 liter water en spoel elke stuk vleis vinnig daarin af voordat dit op 'n koel, droë plek gehang word. Hang die biltonge die eerste dag in die son op en daarna in die koelte - weg van mekaar af.

Biltong kan ook binneshuis hang, maar dan moet daar 'n goeie trek wees.

'n Elektriese waaier kan help om die lugvloei te verbeter.

Laat die biltonge hang totdat dit so droog is soos verkies.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page