Chilli con carne-verrassing
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

As jy die gereg wil rek vir meer mense, kan jy net meer bone byvoeg. Ek sit soms meer as een soort boon by.
(6 porsies)
30 minute
45 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
3 knoffelhuisies, gekap
500 g maalvleis
4 brandrissies, fyngekap
10 ml fyn kaneel
400 g-blik kersietamaties
400 g rooibone, gedreineer
2 avokado’s, fyngedruk
230 g roomkaas
16 tortillas
Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pot. Voeg uie en knoffel by en braai liggies vir 5 minute. Voeg maalvleis, brandrissie en kaneel by en roerbraai tot maalvleis byna gaar is, sowat 8 minute. Voeg tamatie by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 8 – 10 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Voeg rooibone by en prut vir 3 minute. Verwyder van die hitte en sit voor met avokado, roomkaas en tortillas.
Wenk: As jy nie vars brandrissies het nie, vervang dit met gedroogde rissies. Jy kan soveel bysit soos jy verkies.
Commentaires