Gapermossel-en-tamatiepasta
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

4 porsies
250 ml olyfolie
800 g rosa-tamaties
2 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 kg bevrore gapermossels
250 g fettuccine
hand vol vars basiliekruidblare
Verhit olyfolie in ‘n diep pan. Voeg tamaties en knoffel by. Roer tot dit goed gemeng is. Braai tot die tamaties begin oopbars (dit sal so 10 minute neem). Druk die tamaties effens plat met ‘n aartappeldrukker. Kook nog sowat 10 minute tot die tamaties lekker met die olie gemeng het. Geur met sout en peper. Skep helfte van sous uit en hou warm. Plaas die gapermossels in res van sous en sit deksel op. Laat mossels kook tot skulpe oopgaan. Dit neem so 10 – 15 minute. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Roer pasta deur sous wat jy warm gehou het. Roer vars basiliekruid deur. Skep mossels in bakkies en sit voor saam met pasta.
Comentarios