Gevulde tortillas
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 2 min read

(6 porsies)
porsiegrootte: gevulde tortilla ± 180 g
5 – 10 ml olyf- of avokadoolie
100 g gekapte ui
5 ml gekapte knoffel
1 middelslag- groen soetrissie, ontpit en repies gesny (150 g)
300 g maer beesmaalvleis
1,25 ml fyn gemmer
1,25 ml fyn naeltjies
10 ml beesvleisaftrekselpoeier
125 ml kookwater
30 ml tamatiepuree
410 g-blik gebakte bone in tamatiesous (baked beans)
varsgemaalde swartpeper na smaak
Tabasco-sous of rissiepoeier na smaak
hand vol gekerfde blaarslaai (± 25 g)
1 groot vars, ryp tamatie, in blokkies gesny (±150g)
50 g gerasperde laervetcheddarkaas
5 tortillas (koringmeel) (± 40g elk)
Verhit olie. Voeg ui, knoffel, soetrissie en maalvleis by en roerbraai tot die vleis verkleur. Voeg die gemmer en naeltjies by die vleismengsel. Meng die vleisaftreksel-poeier, kookwater en tamatiepuree en roer by vleismengsel. Bring tot kook en prut vir 10 minute. Roer gebakte bone by vleismengsel en geur na smaak met peper en Tabasco-sous of rissiepoeier.
Verhit die tortillas vir ‘n paar sekondes in mikrogolfoond om sagter te word. Skep die maalvleismengsel op die middelste derde van die tortilla. Strooi blaarslaai, tamatie en kaas oor die vleis en vou elke tortilla toe.
VARIASIES EN OPMERKINGS:
Kies ‘n blik gebakte bone met rissiegeur of vervang die gebakte bone in tamatiesous met rooi nierboontjies. Vermeerder dan die tamatiepuree van 30 na 60 ml.
Die maalvleisvulsel kan reeds die vorige dag gemaak word en ná ‘n besige werkdag vir ‘n maklike aandete sorg.
VOEDINGSTOF-ANALISE PER PORSIEGi laag (34)
• 1 275 kJ • koolhidrate 36 g • vesel 6,2 g • proteïene 13 g
• vet 7 g •Movs 3,0 g • povs 0,4 g • cholesterol 37 mg
• 1 gevulde tortilla is gelykstaande aan:
2 laevet-proteïene + 2 stysel + 1 groente + ½ vet
Comments