Herderspastei met gebakte bone
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 2 min read

(5 porsies)
porsiegrootte: 1 skep ± 325 g
500 g aartappels, met skil en in 5 mm-skywe gesny
5 – 10 ml olyf- of avokado-olie
100 g gekapte ui
5 ml gekapte knoffel
1 middelslag- groen soetrissie, ontpit en in repies gesny (150 g)
300 g maer beesmaalvleis
1,25 ml fyn kaneel
1,25 ml fyn naeltjies
5 ml droë gemengde kruie
10 ml beesvleisaftrekselpoeier
125 ml kookwater
30 ml tamatiepuree
410 g-blik gebakte bone in tamatiesous (baked beans)
varsgemaalde swartpeper na smaak
50 g gerasperde laervetcheddarkaas
175 ml ongegeurde vetvrye jogurt
1,25 ml sout
1,25 ml fyn neutmuskaat
1 groot eier
paprika
Kook aartappelskywe in ‘n bietjie water vir 10 – 15 minute tot net gaar. Dreineer.
Verhit oond tot 180°C.
Verhit olie. Voeg ui, knoffel, soetrissie en maalvleis by en roerbraai tot die vleis verkleur. Voeg die kaneel, naeltjies en kruie by die vleismengsel. Meng die vleisaftreksel-poeier, kookwater en tamatiepuree en roer by vleismengsel. Laat kook en prut vir 10 minute. Roer gebakte bone by vleismengsel en geur met peper. Skep vleismengsel in gesmeerde oondskottel van 22 x 22 x 8 cm en maak bokant gelyk.
Pak die gaar aartappelskywe bo-op die vleismengsel sodat die skywe met mekaar oorvleuel. Strooi kaas oor die aartappelskywe. Klits die jogurt, sout, neutmuskaat en eier saam. Skink die jogurt-mengsel eweredig oor die gereg. Strooi paprika liggies oor.
Bak vir 30 – 35 minute tot jogurt-mengsel gestol is. Skakel oond se roosterelement aan en rooster vir 4 – 6 minute tot goudkleurig en effe bros.
VARIASIES EN OPMERKINGS:
SPYSKAART-IDEE 1
Herderspastei met gebakte bone
Groenslaai (gemengde slaaiblare, tamatie en komkommer)
SPYSKAART-IDEE 2
Herderspastei met gebakte bone
Gestoomde gemengde groente (wortelrepies, broccoli, blomkool)
Die gebakte bone is ryk aan vesel en help saam met die jogurt om die GI te verlaag. Verlaag die vet- en cholesterol-inhoud van die gereg verder deur die beesvleis met volstruisvleis te vervang.
VOEDINGSTOF-ANALISE PER PORSIE
GI laag (48)
• 1 580 kJ • koolhidrate 36 g • vesel 8,8 g • proteïene 25 g
• vet 11 g • MoVs 4,2 g • poVs 0,7 g • cholesterol 93 mg
• 1 skep herderspastei (sonder res van spyskaart-idees) is
gelykstaande aan: 3 laevetproteïene + 2 stysel + 1 groente
Comments