Korslose Mini Quiche
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

Basis:
4 eiers
1 koppie room
Meng die room en eiers goed.
Begin rondspeel.
Van my gunstelinge:
• 2 eetlepels roomkaas en 'n koppie gaar salm
• 4 eetlepels cheddar (gerasper) en 'n koppie gekapte sprietuie
• 4 eetlepels mozzerella (gerasper) met groen, rooi en geel peper in blokkies gesny
• 1/2 koppie fyn biltong en 4 eetlepels kaas van jou keuse
• 1 koppie gesnipperde sampioene
• 1 koppie gesnipperde gaar bacon met 4 eetlepels gerasperde kaas van jou keuse
• 1 koppie gaar spinasie met feta kaas
Geur met sout, peper na smaak
Skep die mengsel in 'n gespuite kolwyntjie pannetjie en bak tot goudbruin by 180 grade
Eet warm of koud.
Heerlik vir 'n kosblik!
Commenti