Lamskenkel-pasteie
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

(4 pasteie/4 porsies)
40 ml olyfolie
4 lamskenkels
2 uie, fyngekap
6 wortels, in klein blokkies gesny
3 selderystingels, in skyfies gesny
3 knoffelhuisies, fyngekap
1 blik (400 g) gekapte tamaties
600 ml rooiwyn (shiraz)
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml gemengde droë kruie
2 lourierblare
2 velle (400 g) winkelblaardeeg
1 eier, geklits
Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in ‘n groot kastrol. Braai skenkels tot net bruin. Haal uit en hou eenkant. Braai uie, wortels, seldery en knoffel in dieselfde kastrol tot sag maar nie bruin nie. Plaas skenkels terug in kastrol met groente. Voeg tamaties en rooiwyn by. Geur met sout, peper en kruie. Voeg lourierblare by en maak toe met deksel. Plaas in warm oond vir 2 uur. Haal uit en laat afkoel voor jy die deeg opsit. Verhit oond tot 200 °C. As jy individuele pasteie maak, plaas een skenkel in ‘n oondvaste bakkie wat groot genoeg is en skep van die groente en sous in. Sny vier groot sirkels uit die blaardeeg. Maak in die middel van elke sirkel ‘n klein snytjie vir die been om deur te steek. Plaas bo-op en sorg dat die kante goed geseël is. Verf deeg met ’n bietjie geklitste eier. Plaas bakkies op ’n bakplaat en bak vir 30 – 35 minute tot deeg gaar is.
Om te drink:
Golden Triangle Shiraz van Stellenzicht.
Comments