Oondbroodjies met mozzarella, tamatie en spek
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

(6 porsies)
20 minute
10 snye brood van jou keuse
80 ml botter
250 g spek
4 tamaties, in skywe gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
400 g mozzarella-kaas, gerasper
1 hand vol basiliekruid
45 ml olyfolie
Verhit oond tot 180 °C. Smeer brood weerskante met botter. Plaas in oondpan wat met bakpapier uitgevoer is. Verdeel spek tussen brood, gevolg deur skywe tamatie. Geur goed met sout en swartpeper. Verdeel mozzarella tussen broodjies. Sprinkel olyfolie oor en plaas in warm oond. Bak 10 – 15 minute of tot kaas gesmelt is en begin verbruin. Sit warm voor met basiliekruidblare.
Wenk: Nie lus vir spek nie? Gebruik enige ander kouevleis van jou keuse, soos salami of ham.
Opmerkingen