PAASBOLLETJIES
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

450g witbroodmeel
80g koue botter
10g sakkie kitsgis
5 ml sout
10 ml gemaalde kaneel
10 ml gemengde speserye
50g strooisuiker
100g droëvrugte koekmengsel
50g droë appelkose, gekap
1 groot eier, geklits
300 ml warm melk
50g koekmeelblom
Heuning of stroop as glaseersel
Sif die broodmeel in 'n groot bak.
Vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel soos growwe broodkrummels lyk.
Roer die gis, sout, speserye, suiker en vrugte in.
Meng die eier en melk saam en voeg dit geleidelik by tot dit 'n stywe deeg vorm.
Keer die deeg op 'n meelbestrooide oppervlak en knie dit deeglik vir 10 minute.
Verdeel die deeg in 12 stukke en rol elkeen in 'n bolletjie.
Plaas dit op 'n gesmeerde bakplaat.
Bedek ligweg met 'n lap en laat op 'n warm plek staan tot die bolletjies dubbel hul
grootte gerys het.
Meng die meelblom en water en maak 'n kruis bo-op elke bolletjie.
(Gebruik 'n versiersak hiervoor).
Bak vir 25 - 30 minute in 'n voorverhitte oond tot deurgaar en goudbruin.
Haal die bolletjies uit die oond en "verf" warm heuning of stroop oor.
Comments