top of page

Pasta-en-tunaslaai

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 7, 2015
  • 1 min read

Pasta-en-tunaslaai.jpg

(4 porsies)

porsiegrootte: 1 skep ± 275 g

100 g rou durumkoring-pasta

1½ x 170 g-blik tunastukke in pekelwater (± 225 g gedreineer)

215 g-blik ertjies, gedreineer OF 150 g bevrore ertjies, met kookwater afgespoel

160 g rooiskil-appel, ontpit, met skil in blokkies gesny

100 ml Crosse & Blackwell Trim-slaaisous

50 ml ongegeurde, vetvrye jogurt

20 g (4 halwe) pekanneute, gekap

gekapte vars pietersielie

Kook pasta vir 8 – 10 minute tot gaar, maar nie pap nie. Dreineer en verkoel.

Vlok tuna. Voeg tuna, ertjies en appelblokkies by die koue gaar pasta en meng liggies.

Meng slaaisous en jogurt en giet dit oor tunaslaai. Strooi pekanneute en pietersielie oor.

Verkoel en sit voor.

VARIASIES EN OPMERKINGS:

Wissel die tuna af met sardiens, sardyne of salm. Gerookte donkervis-soorte soos snoek en gerookte forel kan die tuna vervang, maar hou in gedagte dat die sout(natrium)- inhoud van die gereg hoër sal wees. Donker vissoorte se mono- en poli-onversadigde vetsure en veral die omega 3-vetsure is besonder hoog en voordelig omdat ons hedendaagse dieet dikwels te min van dié voedingstowwe bevat.

Die ertjies kan vervang word met stukkies broccoli wat vooraf in kookwater geblansjeer en in yswater afgekoel is.

VOEDINGSTOF-ANALISE PER PORSIE

Gi laag (40)

• 1 207 kJ • koolhidrate 30 g • vesel 4,4 g • proteïene 21 g

• vet 8 g •Movs 2,8 g • povs 3,3 g • cholesterol 17 mg

• 1 skep pasta-en-tunaslaai is gelykstaande aan:

2 laevet-proteïene + 1½ stysel + 1 groente + ½ vet

 
 
 

コメント


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page