Prei-en-olyftert
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

4 – 6 PORSIES
Kors
• 1 vel (400 g) blaardeeg
• 50 g (55 ml) botter, gesmelt
• 75 g gerasperde parmesaankaas
Rol blaardeeg nog dunner uit. Verf van die botter met ’n kwassie oor die deeg. Sprinkel gerasperde kaas oor. Vou deeg toe en rol weer uit. Herhaal die proses – jy werk nou die kaas in die deeg in. Bedek met kleefplastiek en laat rus in die yskas vir 30 minute.
Vulsel
• 40 g (45 ml) botter
• 4 preie, in skywe gesny
• 4 huisies knoffel, fyngekap
• 15 ml strooisuiker
• 15 ml balsemasyn
• 30 ml water
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 100 g swartolywe, ontpit
• 100 g groenolywe, ontpit
• 4 vars takkies tiemie
• 1 eier, geklits
Verhit oond tot 190 ºC. Smelt botter in ’n pan. Braai preie en knoffel saam tot effens bruin. Voeg strooisuiker by en braai tot dit begin karamelliseer. Voeg asyn en water by en laat kook vir so 8 minute. Geur met sout en swartpeper. Laat afkoel en voeg olywe by. Rol deeg uit in ’n sirkel. Sit deeg op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Skep prei vulsel in middel van deeg – hou so ’n 3 cm-rand oop. Sit takkies vars tiemie bo-op. Vou deeg oor om ’n rand te vorm. Smeer die rand met geklitste eier. Bak vir 25 – 35 minute tot die deeg mooi goudbruin is. Haal uit oond en laat vir 5 – 10 minute rus voor jy dit uitkeer.
Comments