top of page

Reënboog-broodjies

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 7, 2015
  • 1 min read

Reënboog-broodjies.jpg

(sowat 36 driehoek-broodjies)

Twee gesnyde witbrode

Tuna-laag

3 blikke tuna

75 ml tamatiesous

60 ml mayonnaise

200 g (218 ml) botter, saggemaak

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Dreineer die tuna. Gooi die tuna, tamatiesous, mayonnaise en sagte botter in jou voedselverwerker. Meng tot ’n gladde pasta. Skep uit en geur met sout en swartpeper. Maak nou die eier-vulsel.

Eier-laag

6 hardgekookte eiers

240 g (600 ml) cheddarkaas, fyngerasper

60 ml mayonnaise

200 g (218 ml) botter, saggemaak

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

100 g fyngekapte pistasieneute (opsioneel)

Plaas die hardgekookte eiers, cheddarkaas, mayonnaise en botter in jou voedselverwerker. Meng tot ’n gladde pasta. Geur met sout en swartpeper.

Broodjies

Om die broodjies aanmekaar te sit gebruik drie snye brood op ’n slag. Smeer van die tuna lekker dik op die eerste sny. Maak toe met die tweede sny. Smeer van die eier op die tweede sny en sit die derde sny bo-op. Herhaal tot al die snye brood gebruik is. Maak die broodjies toe met tinfoelie en plaas in die yskas. Net voor jy hulle bedien, sny jy die korsies af. Sny elke broodjie in vier. Druk een kant van elke broodjie in die fyngekapte pistasieneute.

Wenk

Hoe kry ek my botter sag? Plaas afgemete botter in ’n mikrogolf-veilige bakkie in jou mikrogolfoond. Stel dit op ontdooi en tel tot twaalf voor jy die botter uithaal.

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page