top of page

Sampioen-quiche

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 7, 2015
  • 1 min read

Sampioen-quiche.jpg

Julle sal sien selfs die water word in gram gemeet – dis hoe die Franse dit doen.

4 – 6 PORSIES

Deeg

• 140 g botter (ongesout en goeie gehalte)

• 250 g koekmeel

• 6 g sout

• 1 eier

• 20 – 30 g water

Sny botter in klein blokkies. Meng meel en botter in ’n mengbak. Vryf botter en meel tussen jou hande tot fyn en krummelrig. Maak ’n dammetjie in die middel en voeg eier, sout en water by. Meng tot ’n ferm deeg. Plaas deeg in bakkie en maak toe met afdroogdoek. Plaas in yskas vir 20 minute. Verhit oond tot 200 °C. Rol deeg dun uit op meelbestrooide oppervlak. Voer ’n 20 cmlosboom- quichepan uit met deeg. Plaas ’n stuk bakpapier bo-op en vul met droëbone. Plaas in oond en bak vir 15 minute. Laat effens in pannetjie afkoel.

Vulsel

• 15 ml olyfolie

• 120 g verskeidenheid sampioene, gehalveer

• growwe sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in pan en braai sampioene liggies. Geur na smaak met sout en peper – dit moenie pap gebraai wees nie, net al dente.

Eierbeslag

• 100 g gruyère-kaas, gerasper

• 2 eiergele

• 250 ml melk

• 250 ml room

• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

• knippie rooipeper

• knippie fyn neut

Verlaag oond se temperatuur na 180 °C. Haal deegdoppie versigtig uit pannetjie en plaas op ’n uitgevoerde bakplaat. Skep gebraaide sampioene in. Sprinkel kaas bo-op. Klits eiergele, melk, room en smaakmiddels goed saam. Gooi eiermengsel versigtig in en plaas in warm oond. Bak vir 35 – 40 minute.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page