Seekos-jambalaia
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

6 – 8 porsies
45 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 selderystingel, gesny
500 ml wit rys
750 ml hoenderaftreksel
500 ml witwyn
2 ryp tamaties, in blokkies gesny
100 ml tamatie-puree
hand vol vars pietersielie, fyngekap
5 ml saffraan, geweek in ‘n klein bietjie water
1 ml rooipeper
4 chorizo-worse, gesny
500 ml witwyn
500 g bevrore mossels
400 g bevrore steurgarnale
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Jy benodig ‘n lekker groot pan met ‘n deksel. Verhit olyfolie in die pan. Braai die ui tot sag en deurskynend. Dit moenie bruin braai nie. Voeg knoffel, soetrissie en seldery by. Braai tot sag.
Voeg rys by en braai nog 1 minuut. Voeg hoenderaftreksel, wyn, tamaties, tamatiepuree, pietersielie en speserye by. Sit deksel op en kook vir 20 minute. Die vloeistof moet byna geabsorbeer wees. Voeg nog ‘n bietjie wyn by indien dit te droog is. Wanneer die rys byna reg is, voeg chorizoworse by en laat kook vir 1 minuut. Voeg mossels en steurgarnale net voor
opskeptyd by en laat kook vir 4 minute. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit dadelik voor.
Om te weet: Gapermossels is baby clams en kammossels is scallops. In SA kry ons net bevrore kammossels.
留言