top of page

Tuna-en-broccoli-pastagereg

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 7, 2015
  • 1 min read

Tuna-en-broccoli-pastagereg.jpg

(4 porsies)

porsiegrootte: 1 skep ± 300 g

100 g rou durumkoring-pasta

1½ x 170 g-blik tunastukke in pekelwater (± 225 g gedreineer)

300 g vars of bevrore broccoli, in blommetjies en kleiner stukkie gesny

285 g-blik gesnipperde sampioene, gedreineer

50 ml wituie-soppoeier

125 ml laevetmelk

125 ml kookwater

2 Pro-Vita-volkoringbeskuitjies, gekrummel

5 ml ligte margarien, gesmelt

Kook pasta vir 8 – 10 minute tot gaar, maar nie pap nie. Dreineer en versprei op die boom van ‘n oondskottel.

Verhit oond tot 180 °C.

Vlok tuna en versprei oor gaar pasta.

Blansjeer vars broccoli vir 1 minuut in kookwater of spoel bevrore broccoli af met kookwater. Versprei broccoli en sampioene oor tuna en pasta.

Meng soppoeier en koue melk tot glad. Roer by kookwater en bring tot kookpunt. Roer sous vir 1 – 2 minute tot dik en gaar. Gooi die gaar sous oor die gereg.

Meng die beskuitjiekrummels met margarien en strooi oor die gereg.

Bak vir 25 – 30 minute.

VARIASIES EN OPMERKINGS:

Die gereg is ‘n volledige maaltyd en smaak ewe lekker warm of koud. Vars of geroosterde tamatieskywe kan vir afwisseling by die ete voorgesit word.

VOEDINGSTOF-ANALISE PER PORSIE

GI laag (42 )

• 1 061 kJ • koolhidrate 29 g • vesel 4,1 g • proteïene 23 g

• vet 4 g •MoVs 0,7 g • poVs 0,8 g • cholesterol 20 mg

• 1 skep tuna-en-broccoli-pastagereg is gelykstaande aan:

2 laevet-proteïene + 1½ stysel + 1 groente

 
 
 

Kommentarer


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page