Varktjops in rooiwyn
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

(4 – 6 porsies)
40 ml olyfolie
6 varktjops
24 salotte
500 g wit sampioene
4 groot rosa-tamaties, gehalveer
8 heel knoffelhuisies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml gemengde droë kruie
600 ml rooiwyn (shiraz)
3 lourierblare
Verhit roosterelement van oond. Gooi olyfolie in ‘n groot oondroosterbak en plaas tjops daarin. Plaas bak op die tweede rak van onder in oond en rooster weerskante tot bruin. Haal uit en stel oond op 180 °C. Rangskik die salotte, sampioene, tamaties en knoffel tussen die tjops. Geur met sout, peper en kruie. Gooi rooiwyn oor en voeg lourierblare by. Maak bak toe met tinfoelie en
plaas in oond vir 1 uur. Haal tinfoelie af en laat verder bak vir minstens nog ‘n ½ uur. Sny kepies in tjop se vetrand om te keer dat die vleis omkrul.
Om te drink:
Cederberg Five Generations Cabernet sauvignon.
Comments