Vissop
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

(6 porsies)
1 lemoen
950 g stokvis-filette, ontdooi en in groot blokke gesny
3 blikke (400 g elk) gekapte tamaties
175 ml olyfolie
2 uie, fyngekap
15 ml droë vinkeltakkies
5 ml borrie
2 lourierblare
2 hande vol pietersielie, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit oond tot 180 °C. Skil lemoen met ‘n groenteskiller in lang repe (eet sommer die lemoen, want jy gaan dit nie gebruik nie). Plaas die repe skil op bakplaat en sit in oond. Laat skil vir sowat 10 minute uitdroog. Haal uit. Meng skil met al die ander bestanddele in ‘n kastrol. Geur met sout en peper. Sit deksel op en plaas op stoof. Verhit tot kookpunt en laat kook vir net 10 minute. Moenie roer terwyl dit kook nie, anders breek die visstukke. Sit voor met knoffelmayonnaise. Meng 3 fyngekapte knoffelhuisies by 250 ml romerige mayonnaise. Skep ‘n lepel bo-op elke porsie.
Kommentarer