Worsie-pasta
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

(6 porsies)
30 minute
45 ml olyfolie
1 ui, gekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
1 wortel, gerasper
1 brandrissie, gekap
500 g wors van jou keuse, maalvleis verwyder
5 ml vinkelsaad
10 ml origanum
60 ml balsemasyn
400 g-blik kersietamaties
500 g penne-pasta
hand vol basiliekruid
30 g parmesaan-kaas, gerasper
Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pot. Voeg uie, knoffel, wortel en brandrissie by. Braai tot begin verkleur, sowat 3 minute. Voeg worsmaalvleis, vinkel en origanum by. Braai tot amper gaar, sowat 5 – 8 minute. Voeg balsemasyn en tamaties by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 10 minute terwyl jy die pasta volgens verpakkingsaanwysings kook. Dreineer pasta en voeg by
gaar maalvleis-sous. Meng goed. Sit voor met basiliekruid en parmesaan.
Comments