WORSROLLETJIES
- The Rainbow Team
- Feb 7, 2015
- 1 min read

Vulsel:
1 kg maalvleis
2 snye witbrood(gekrummel)
15 ml sout
25 ml asyn
25 ml spekvleis, swoerdloos, gesnipper
10 ml koljander
Knypie neutmuskaat
Knypie kaneel
Smaakmiddels na smaak
Braai alle vulsel bestanddele saam totdat die vleis bruin verkleur.
Laat afkoel.
Deeg:
4 x 250 ml koekmeelblom
5 ml sout
500g botter
12.5 ml suurlemoensap
1 eiergeel
250 ml water
Sif meelblom en sout saam.
Vryf botter in tot dit lyk soos broodkrummels.
Voeg eiergeel, suurlemoensap en genoeg water by om ‘n hanteerbare deeg te vorm.
Rol deeg uit op ‘n meel bestrooide oppervlak.
Plaas bietjie vleis bo-op deeg.
Smeer kante met eierwit.
Rol op.
Verf mengsel van geklitste eiergeel en melk bo-oor.
Bak vir 45 minute lank in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC tot goudbruin.
Sny in worsrolletjies.
Lewer ongeveer 5 dosyn worsrolletjies.
コメント