Beesfiletkerrie
- The Rainbow Team
- Feb 11, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4
• 500 g beesfilet
• 250 ml Griekse jogurt
• 5 ml droë brandrissie-vlokkies
• 2,5 ml borrie
• 5 ml fyn komyn
• 5 ml fyn koljander
• sout
• 45 ml sonneblomolie
• 2 uie, fyngekap
• 5 ml fyngekapte vars gemmer
• 5 ml fyngekapte knoffel
• 1 groot tamatie, in blokkies gesny
• hand vol vars koljander, gekap
• roti’s
• kerrie-brandrissies
Sny beesfilet in skywe van sowat 1 cm. Slaan die vleis taamlik plat met ’n vleishamer. Plaas in ’n groot mengbak. Meng jogurt, brandrissie, borrie, komyn en koljander saam in bakkie. Gooi oor vleis en meng goed deur. Geur met sout. Maak bak toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir sowat 3 uur. Verhit olie in diep pan. Voeg uie by en braai tot sag. Voeg gemmer, knoffel en tamatie by. Braai sowat 1 minuut. Voeg vleis met sous by en braai terwyl jy roer vir nog sowat 2 minute. Geur weer met sout indien nodig. Maak pan toe met deksel en braai 15 – 20 minute. Roer af en toe. Haal deksel af en roer vars koljander deur. Sit voor saam met roti’s (volg instruksies agterop pak) en kerriebrandrissies.
Commentaires