Indiese hoender-wrap
- The Rainbow Team
- Feb 11, 2015
- 1 min read

15 ml sonneblomolie
400 g ontbeende hoenderborsies
(sonder vel), in repe gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1 pakkie Denny Indian Korma Simmer Sauce
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
4 tortillas (of naanbrood)
2 handevol gemengde slaaiblare
1 rooi soetrissie, in repe gesny
1 rooi-ui, in dun skywe gesny
Verhit die sonneblomolie in ‘n pan. Braai die hoender-repies en knoffel vir sowat 10 minute tot die hoender gaar is. Voeg Denny Indian Korma Simmer Sauce by en laat prut vir 5 minute. Geur met sout en peper. Plaas op elke tortilla ‘n paar slaaiblare, soetrissierepe en rooi-ui skywe. Skep van die hoender bo-op en draai die tortilla toe.
コメント