top of page

Kerriebotterskorsie-samoesas

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 11, 2015
  • 1 min read

Kerriebotterskorsie-samoesas.jpg

Vir jou vegetariese spyskaart.

genoeg vir 24

45 ml olyfolie

1 ui, fyngekap

20 ml vinkelsaad

30 ml heel komyn

15 ml gedroogde brandrissie

30 ml masala

60 ml water

2 (sowat 800 g) botterskorsies, geskil en in groot stukke gesny

1 x 400 ml-blik klappermelk

sout en varsgemaalde swartpeper

24 velle samoesadeeg (sien bl. 152)

sonneblomolie vir diepbraai

45 ml meel gemeng met 45 ml water tot pasta

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olie in middelslagpot. Voeg ui, vinkel en

komyn by en braai vir 5 minute.Voeg brandrissie, masala en water by en

braai vir nog 5 minute of tot geurig. Plaas botterskorsie in pot en braai

vir nog 2 minute. Gooi klappermelk by en geur met sout en peper. Bring

tot kookpunt en maak pot toe. Plaas in oond en bak vir 30 – 45 minute of

tot botterskorsie gaar is en ’n dik sous gevorm het. Laat afkoel.

Vou samoesa so 1. Plaas ’n reghoekige strook samoesadeeg op werkoppervlak.

2. Skep ’n bietjie vulsel op die tweede driehoek (sien skets). 3. Vou boonste

hoek van die deeg oor die vulsel sodat jy ’n driehoek met vulsel tussenin het.

4. Lig die driehoek met vulsel op en vou na regs. Hou so aan tot

die hele strook deeg opgevou is. 5. Verf die eindpunt van die

deeg met meel-en-watermengsel en druk stewig vas. 6. Verhit

sonneblomolie tot warm en diepbraai samoesas tot goudbruin en

bros. Dreineer en sit warm voor.

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page