Lam-en-bonekerrie
- The Rainbow Team
- Feb 11, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6 – 8
• 45 ml sonneblomolie
• 1,2 kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny
• 1 ui, fyngekap
• 20 ml fyn komyn
• 15 ml fyn koljander
• 2,5 ml fyn gemmer
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 5 ml fyn kaneel
• 15 ml borrie
• 15 ml garam masala
• 10 ml droë brandrissie-vlokkies
• 4 kardemompeule
• 30 ml suurlemoensap
• 1 x 400 g-blik gekapte tamaties
• 1 x 400 ml-blik klapperroom
• 3 x 400 g-blikke botterbone, gedreineer
• 1 x 400 g-blik lensies, gedreineer
• 500 ml water
• sout en varsgemaalde swartpeper
• vars koljander
Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in groot oondvaste kastrol. Voeg van die vleisblokkies by (nie alles op een slag nie) en braai tot net bruin. Skep uit. Braai res van vleis op dieselfde manier. Hou al die gebraaide vleis eenkant. Verlaag hitte van stoofplaat. Braai ui in dieselfde kastrol tot sag. Voeg komyn, koljander, gemmer, knoffel, kaneel, borrie, masala, brandrissie en kardemompeule by. Braai sowat 1 minuut terwyl jy roer. Voeg suurlemoensap, tamaties en klapperroom by en meng goed. Kook sowat 1 minuut. Voeg gebraaide vleis, bone, lensies en water by. Geur met sout en peper en meng goed deur. Maak kastrol toe met deksel en oondbraai 2 uur in warm oond. Kyk elke nou en dan of kerrie nie droog kook nie. Voeg nog ’n bietjie water by indien nodig. Haal uit en garneer met vars koljander. Sit voor met basmati-rys en piesang met jogurt.
Commentaires