top of page

✞ ✞ ✞ ✞ ✞ ✞ ✞ Lewende Bybel ✞ ✞ ✞ ✞ ✞ ✞ ✞

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 23, 2015
  • 2 min read

“…die Skrif…kan jou duidelik laat verstaan hoe ’n mens gered word as hy op Jesus Christus vertrou…”

2 Timoteus 3:15

Bible-Sky.jpg

Jacob de Shazer het op 18 April 1942 as lid van Jimmy Doolittle se aanvalsmag Japan toe gegaan. Hy is deur die Japanese gevang en in die tronk ge¬gooi. Twee van sy makkers is deur ’n vuurpeleton doodgeskiet. ’n Ander een is deur stadige uit-hongering doodgemaak. Jacob de Shazer was ’n on¬gelowige; ’n uitgesproke ateïs. Gedurende die lang maande van sy gevangeskap het hy begin peins oor die vraag: hoekom haat die Japanese hom so en hoekom haat hy die Japanese. Dinge wat hy oor Christenskap gehoor het, het in sy ge¬moed begin terugkom. Hy het sy Japanese bewaar¬ders vir ’n Bybel gevra. Eers het hulle hom uitbun¬dig uitgelag asof hy vir hulle ’n groot grap vertel. Toe word hulle kwaad. Hulle het hom gewaarsku om sy onnodige lollery oor ’n Bybel te staak. Hy het aanhou vra. Amper ’n jaar later, in Mei 1944, het ’n bewaarder in sy sel ingekom en vir hom ’n Bybel gegooi met die woorde: “Drie weke het jy hom. Drie weke, hoor, dan vat ek hom weer weg!” Die be¬waarder het woord gehou. Presies drie weke later het hy die Bybel by de Shazer weggeneem. De Shazer het vir die res van sy gevangeskap nie weer ’n Bybel te siene gekry nie.

In 1948, na die vrede, was Jacob de Shazer, sy vrou en seun op pad terug Japan toe – as sende¬linge! Die vrug van die Bybel wat die Japanese bewaarder vir drie weke aan de Shazer gegee het!

Die Skrif het groot krag.

“Die hele Skrif kom van God af…”

2 Tim.3:15

Die Heilige Gees ver¬tolk die Skrif wat ons lees aan ons hart. In ons hart word dit ’n lewen¬de, herskeppende krag.

“Julle is immers weerge¬bo¬re, nie uit verganklike saad nie, maar uit die onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God… En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is”

1Pet.23 & 25

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page