Halfuur-hoendertikka-masala
- Mar 3, 2015
- 1 min read

Hierdie vinnige resep is perfek vir aandete op ’n weeksaand.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.
2 uie, fyn gekap
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
1 rooi brandrissie
3 cm-stuk gemmer
’n hand vol vars koljander, gekap
3 knoffelhuisies, in skywe gesny
300 g tikka-pasta
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
400 g gekapte tamaties
250 ml (1 k) gewone jogurt
sap van 1 suurlemoen
platbrood vir voorsit
Tzatziki
250 ml gewone jogurt
’n hand vol vars kruisement, gekap
sap van 1 suurlemoen
½ komkommer, saad geskraap en gerasper
Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die ui, hoender, brandrissie, gemmer, koljander en knoffel by en braai 5 min.
Roer die tikkapasta in en braai 1 min. of tot gemeng. Geur en voeg die tamaties en 125 ml (½ k) water by. Verlaag die hitte en laat prut 30 min.
Versnipper die hoender met twee vurke in die kastrol. Verwyder van die hitte, roer die jogurt en suurlemoensap in, en geur met die sout en peper.
Tzatziki Meng die jogurt, kruisement en suurlemoensap. Voeg die gerasperde komkommer by, geur na smaak en roer. Sit saam met die platbrood voor.
Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan























































Comments