Vinnige tunagebak
- The Rainbow Team
- Mar 3, 2015
- 1 min read

Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Genoeg vir 6 mense
500 ml (2 k) skroefpasta
170 g x 2 blikke tuna
250 g sampioene, in skywe gesny
2 sprietuie, gekap
250 g kaas-en-uie-tjips, fyngedruk
250 ml (1 k) dikroom
4 eier, geklits
sout en peper, na smaak
250 ml (1 k) gemengde kaas (mozzarella en cheddar)
slaai vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 ⁰C. Smeer ’n koekpan. Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer.
Meng die tuna, sampioene, sprietuie en tjips in ’n bak. Meng die room, eiers, sout en peper in ’n beker. Giet die roommengsel by die tunamengsel in, voeg die helfte van die kaas by en meng.
Bedek die bodem van die gesmeerde koekpan met die pasta. Bedek met die tunamengsel en oorblywende kaas. Bak ’n halfuur of tot ferm. Sit voor saam met slaai.
Comments