Beplan slim onthaal met kaas en wyn
- The Rainbow Team
- Mar 4, 2015
- 1 min read

'n ONTHAAL met 'n verskeidenheid eksotiese kase en wyn is ideaal vir verskillende soorte geleenthede.
'n Groep ernstige kenners kan 'n interessante nuwe wyn of 'n verskeidenheid opwindende kase proe, of sit kaas en wyn voor by 'n informele geleentheid soortgelyk aan 'n skemerkelkparty met dieselfde voordele van maklik en informeel onthaal.
Die hoeveelhede kos en drank op die volgende lys sal genoeg wees vir 'n informele kaas-en-wyn-onthaal vir sowat 50 mense:
1 kg harde, beleë kaas
1 kg interessante, nuwe kaas (sien hooffoto vir idees)
500 g bokmelkkaas (chèvre)
500 g bloukaas
500 g camembert of brie
500 g Switserse kaas
250 g maaskaas
6 pakke gemengde beskuitjies
2 doopsouse
1 tot 2 patees van jou keuse
500 g neute
500 g rosyne
500 g swart olywe
500 g botter
4 warm quiches
60 klein, warm versnaperinge
4 appelterte
1 (4 k) room
Let wel:
Maak voorsiening vir 'n halwe bottel wyn per persoon.
Sorg vir genoeg mineraalwater en nie-alkoholiese drankies.
Sit die quiches en versnaperinge later voor en die appelterte aan die einde.
Comentários