Biltong-en-bloukaas-tertjies
- The Rainbow Team
- Mar 4, 2015
- 1 min read

Geen ekstra sout of peper is nodig nie. Die kaas en biltong is reeds sout genoeg.
Genoeg vir 4
• 2 x 400 g- vierkantige velle blaardeeg
• 200 g bloukaas, gekrummel
• 150 g gesnyde beesbiltong
• 3 eiers
• 250 ml room
Verhit oond tot 180 °C. Voer 4 gesmeerde 13 cm-tertbakkies uit met blaardeeg. Krummel bloukaas en sprinkel op deeg in tertbakkies. Verdeel biltong tussen bakkies bo-op bloukaas. Klits eiers en room saam. Gooi eiermengsel in die bakkies. Moenie bekommerd wees as die mengsel nie die bakkies heeltemal vol maak nie, dit sal rys in die oond. Plaas tertbakkies in oond en bak 35 – 40 minute. Maak seker eiermengsel is gestol. Haal uit oond en laat eers effens afkoel voor jy dit voorsit.
Comments