Blouskimmelkaastert
- The Rainbow Team
- Mar 4, 2015
- 1 min read

250g broskorsdeeg
Vulsel
250g gladde maaskaas
175g blouskimmelkaas, gerasper
3 eiers
250ml room
15ml pietersielie - gekap
15ml uiesap
sout en varsgemaalde swartpeper.
Metode
Voer `n groot of twee kleiner randtertbakke met broskorstertdeeg.
Prik die bodem deeglik en verkoel 30 min lank. Meng die blouskimmelkaas, maaskaas, pietersielie en uiesap. Klits room en eiers saam en voeg dit by die kaasmengsels. Meng deeglik en geur volgens smaak. Gooi die mengsel in die tertkors.
Bak dit 30-40 min lank in die onderste gedeelte van
die oond wat verhit is tot by 200°C totdat die tert pofferig en goudbruin is. Bedien dit koud of warm.
Comments