Ertjie kaaskoekies
- The Rainbow Team
- Mar 4, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6
400 g ricotta
100 g bokmelkkaas
250 g bevrore ertjies
2 eiers
5 ml (1 t) neutmuskaat
Sout en gemaalde swartpeper
‘n hand vol ertjiespruite, vir opdien
suurroom, vir opdien
Voorverhit die oond tot 160°C en voer `n kolwyntjiepan met papiertjies uit.
1. Meng die ricotta, bokmelkkaas, bevrore ertjies, eiers, neutmuskaat saam en geur met sou en gemaalde swartpeper.
2. Skep die mengsel in die voorbereide pannetjie en bak vir 30 min. Bedien saam met ertjiespruite en suurroom.
Comments