Gebakte feta kaas in olyfolie
- The Rainbow Team
- Mar 4, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4
160 ml (2/3 k) olyfolie
1 ui, fyn gekap
1 rooi soetrissie, pitte verwyder en in repe gesny
4 wiele feta kaas
200 g swart olywe, ontpit
4 knoffelhuisies, fyn gekap
`n handvol Italiaanse pietersielie
Voorverhit die oond tot 200°C.
1. Verhit 10 ml van die olyfolie in `n braaipan en braai die ui en soetrissie tot sag.
2. Pak elke feta skyf in individuele bakkie. Verdeel die res van die olyfolie tussen die bakkies en sprinkel van die ui, rissie, olywe en knoffel oor elke feta skyf.
3. Bak in die voorverhitte oond vir 10 min. tot die kaas sag en deurwarm is.
4. Haal uit die oond en sprinkel pietersielie oor. Bedien warm saam met vars brood.
Comments