Gebakte ricotta brood
- The Rainbow Team
- Mar 4, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4
4 suurdeeg rolletjies
8 snytjies salami
150 g ricotta
200 g kersie tamaties
5 eiers
160 ml (2/3 k) melk
Sout en gemaalde swartpeper
160 ml(2/3 k) gerasperde parmesaan
Voorverhit die oond tot 180°C. Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei.
1. Sny die bokant van die broodjie af en hol dit uit om ‘n bakkie te vorm.
2. Pak die salami, ricotta en tamaties in lae in die uitgeholde brood.
3. Meng die eiers en melk saam en geur met sout en gemaalde swartpeper.
4. Gooi die eiermengsel oor die vulsel en sprinkel die parmesan bo-oor.
5. Sit die brood op die bakplaat en bak vir 55 min of tot goudbruin en gaar.
Komentáře