Gevulde bloukaas pere is spek komberse
- The Rainbow Team
- Mar 4, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6
10 ml (2 t) olyfolie
1 knoffelhuisie, fyn gekap
100 g gemengde neute, gekap
blaartjies van 8 tiemie takkies
sout en gemaalde swartpeper
6 klein peertjies, geskil
125 g bloukaas, in skyfies gesny
2 × 250 g pakkies repiesspek
200 g baba blaartjies
Voorverhit die oond tot 180°C.
1. Sny die bokant van die pere af en maak ‘n effense holte in die onderste helfte. Sit die pere op ‘n bakplaat en skep 15 ml neute gevolg deur 30 ml bloukaas in die holte in.
2. Sit die “deksels” van die pere terug en draai elke peer in 2-3 repies spek toe. Begin op die onderkant en laat die spek effens oorvleuel. Steek dit vas met ‘n tandestokkie.
3. Pak op `n bakplaat en bak vir 25-30 min. of tot die spek bros is en die pere sag. Bedien op baba blaartjies saam met ‘n balsamieke stropie.
コメント