top of page

Onthaal met kaas

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Mar 4, 2015
  • 3 min read

wine-cheese-btm.jpg

Die popularitiet van kaas-en-wynonthale het met die tyd toegeneem en te oordeel na die aantal, navrae wat gereeld ontvang word, sal dit `n gewilde manier van onthaal bly.

Die tyd wat aan die voorbereiding van `n kaas-en-wynonthaal bestee word is minimal en die opruim na die onthaal is baie maklik omdat daar feitlik geen skottelgoed behalwe glase is nie.

Dek van die tafel vir kaas-en wynonthaal:

Tafeldoek

`n Grofgeweefde tafeldoek is baie geskik omdat dit mooi inpas by die informele gees van n kaas-en-wynonthaal. Om meer deftig te wees kan `n mooi kanttafeldoek oor `n helderkleurige tafeldoek gegooi word.

Eetgoed kan op mooi matjies of in houers geplaas word, sodat die tafel nie vlek nie.

Vrugterangskikking

`n Vrugterangskikking laat `n kaas-en-wynonthaal feestelik vertoon en gee kleur. Die vrugte moet ook mooi blink gevryf word.

Kaasborde

Houtplanke dien gewoonlik as kaasborde maar vir hierdie deftige geleentheid kan die borde met foelie oorgetrek word.

`n Mooi silwer bord is natuurlik nie te versmaai nie, maar plaas tog `n paar lae foelie onder die kase sodat daar nie direk op die silwer gesny word en die oppervlak beskadig word nie.

Kaasmessies

Laat twee messies per kaasbord toe. As u nie regte kaasmessies het nie kan u gewone groentemessies gebruik.

Eetgoed

Soos die naam aandui - kaas en wyn, maar bykomstighede soos beskuitjies, brode, doopsouse, ens is ewe belangrik.

Kaas

Daar kan gekies word tussen `n wye verskeidenheid kaase: nl: Cheddar, Gouda ens.

`n Verskeidenheid van 6-7 tipes kaase is heeltemal voldoende.

Plaas `n vlaggie met die naam van elke kaas daarop, sodat u gaste weet wat hulle eet.

Bedien kaas teen kamertemperatuur.

Moenie kaas langer as n uur voordat die gaste opdaag, uit die yskas uithaal nie, anders word dit olierig en droog. Plaas groterige stukkie kaas op die borde (300-500g) klein blokkies lyk deurmekaar en droog vinnig uit.

Sterkgegerude en delikate kase hoort nie direk langs mekaar op u kaasborde nie. Moet nooit kaas op slaaiblare rangskik nie of dit aan gesnyde tamaties laat raak nie, dit maak die kaas onsmaaklik. Hou blaarslaai, radyse, jong uitjies en ander groentesoorte apart van die kaas.

Sny die waslagie van kaas soos Gouda en beleë Cheddar bo en onder af, maar los die lagie aan die kant. Die skilletjie van sommige kase soos Camembert en Brie word natuurlik nooit verwyder nie, omdat dit wel geëet word. U kan gerus hierdie tipes eksotiese kase net so in hul foelie-omhulsel op u kaasbord aanbied.

Wyn

Witwyne word gewoonlik koud bedien, maar rooiwyne teen kamertemperatuur. Jonger rooiwyne moet so `n uur voor die tyd oopgemaak word.

Plaas net so 40% van die beskikbare bottels op die tafels. Verwyder leë bottels van tafels af. Appelsap en druiwesap kan bedien word vir die gaste wat nie alkohol gebruik nie. Vra u naaste wynhandelaar om u te help met die keuse van wyn. Plaas glase in groepies op die tafel. Net een glas per persoon is nodig en ongeveer `n ½ bottel per persoon.

Verskaf ekstra tafels vir die res van die wyne en glase. Tulpvormige glase vir die wyn. Vonkelwyn kan bedien word sodra die gaste opdaag en dadelik gedrink word. Sorg ook vir genoeg vrugtesappe bv. Appeltiser en Ligui-fruit op warmdae.

Koffie

As u verkies, kan u aan die einde van die onthaal koffie bedien met iets soets bv. Melktert, vrugte-koek of koeksisters.

Bediening

Elke gas help hom-/haarself. `n Mens kies eers jou wyn en hou die glas in een hand vas. Met die ander hand sny jy n porsie kaas af. Brood word met die hand gebreek. Brood kan ook vooraf gesny word en met botter gesmeer. Knoffelbrood kan ook gebruik word. Wanneer u van die doopsouse wil eet, doop u `n aartappel-blaartjie, stukkie brood of n beskuitjie daarin. Doopsouse moet nie te dik wees nie.

Vrugte is deel van die onthaal en dit kan gerus geeët word.

Geregte wat by `n deftige geleentheid , soos `n silwerhuweliksherdenking, van pas sal wees is bv. Salmmousse, blouskimmelkaastert en gerookte snoek. (resepte beskikbaar op die blog)

Vir `n kaas-en-wynonthaal waarby u nie ander geregte bedien nie, beveel ons die volgende bykomstighede aan.

Die hoeveelhede is voldoende vir 50 gaste vir `n onthaal wat 3-31/2 uur duur:

5kg kaas in totaal-

Blouskimmelkaas 1kg

Cheddar 1kg

Gouda 1kg

Plus 4 van die volgende:

Havarti (rommerige, soet smaak)

Camemberi (geurig, pikant, maar sterk)

Gerookte kaas (gerookte smaak)

Provolone (Geurige, pikante smaak)

Tilsiter (geurige, pikante smaak)

Rosetta (skerp, peperagtige smaak)

Brie (aangename, romerige )

Drakensberg (romerige smaak)

Marisch (aangename, skerp smaak)

Gemengde soutbeskuitjies 1,5kg

Grondboontjies 1kg

Rosyne 1kg

Aartappelskyfies 4 pakkies

Kaaskrulle 2 pakkies

Agurkies 500g

Swart olywe 500g

Groen olywe 500g

Gekleurde uitjies 3 bottels

Franse brode 3

Knoffelbrode 3

Botter 500g

Tandestokkies 1pak

Pietersielie vir garnering vir kaasborde

2 verskillende doopsouse

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page