Outydse soetkoekies met groenvye en kaas
- The Rainbow Team
- Mar 4, 2015
- 1 min read

(sowat 50 koekies)
250 g (445 ml) koekmeel
1 ml sout
1 ml fyn naeltjies
5 ml fyn kaneel
2 ml fyn gemmer
2 ml koeksoda
100 g (110 ml) botter
100 ml gemaalde amandels
150 g (190 ml) suiker
1 klein eier
25 ml witwyn
Verhit jou oond tot 200 °C. Sif meel, sout, naeltjies, kaneel, gemmer en koeksoda saam. Vryf botter in en voeg die amandels en suiker by. Klits eier en wyn saam en voeg by die meelmengsel. Maak aan tot ’n stywe deeg. Bedek met kleefplastiek en laat oornag of ’n paar uur in die yskas staan. Rol deeg dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak en druk uit in
vorms soos jy verkies. Plaas die koekies op uitgevoerde bakplate en bak vir 8 – 10 minute. Haal uit die oond en laat afkoel.
Sit voor saam met
Groenvye en waatlemoenstukke in stroop. ’n Sterk kaas sal die gereg afrond.
Comments