Spek-en-kaasstrooitjies
- The Rainbow Team
- Mar 4, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 16
• 2 velle (400 g elk) blaardeeg
• 150 g sterk cheddarkaas, gerasper
• 16 repe strepiespek
• 1 eier, geklits
• 50 g parmesaankaas, fyngerasper
Verhit oond tot 200 °C. voer bakplate uit met bakpapier. Plaas die twee velle deeg op ’n werkoppervlak. Sprinkel cheddarkaas op die een helfte van elke deegvel. vou die ander helfte van die deegvel bo-oor die gerasperde kaas. gebruik ’n koekroller en rol die deeg effens plat. Sny elke vel in stroke van sowat 2,5 cm breed. Plaas een reep spek bo-op elke strook deeg. Draai spek en deeg sowat 4 keer saam om ’n spiraal te maak. Plaas gedraaide strooitjies op uitgevoerde bakplate. verf die dele van die deeg wat uitsteek met
geklitste eier. Sprinkel ’n bietjie parmesaankaas op elke strooitjie. Plaas in oond en bak 35 – 40 minute tot goudbruin en gaar. Haal uit en sit warm voor.
Comments