Venesiaanse Eiers
- The Rainbow Team
- Mar 4, 2015
- 1 min read

12 eiers
1/2 k botter
4 koppies deurgesygte vars tamatiesap
4 koppies gerasperde sterk cheddar
Sout en maalpeper
Smelt die botter, gooi die kaas in en roer tot die kaas gesmelt is. Voeg die tamatiessap by en wanneer die sous begin verdik, gooi jy die liggies geklitste eiers by. Roer deur tot romerig en bedien op warm kraakbeskuitjies of geroosterde witbrood halwes waarvan die korsies afgesny is.
Comments