Kaiings
- Koos van der Merwe
- Mar 16, 2015
- 1 min read

Kaings maak is eintlik maklik maar jy moet versigtig wees om dit nie te brand nie en dit vat maar seker so 2 ure.
Jy gooi die vark spek in blokkies gesny so 1,5 x 1,5 cm in n pot met n deksel op niks water of enige iets.
Sit dit op die stoof plaat en laat stadig kook/braai.
Op my stoof wat 1 - 6 is is die plaat op 3.
Roer net kort kort anders gaan dit vas brand.
Ek wag totdat die vet eintlik gaar is maar nog nie bruin nie dan gooi jy sout oor 2 keer die hoeveelheid as jou normale sout.
Die sout maak dit crispy dalk te veel sout maar dit moet sout wees.
Comments