VLEISPASTEITJIES MET SKON-TIPE DEGIE
- Zelda Geldenhuys Griessel
- Mar 31, 2015
- 1 min read

Maak maalvleis gaar met chutney, uie ens [of enige vulsel koud]
Deeg:
Klits saam:
3/4 kop melk...
3/4 kop olie
2 eiers
1 kop meel
3 teel bakpoeier
1/4 teel sout
1 teel Aromat
1. Meng alles goed saam.
2. Deeg bietjie dikker as pannekoek deeg.
3. Spuit kolwyntjie pannetjies.
4. Skep lepel vol deeg onder in skep dan een lepel vulsels (maalvleis klaar gaar).
5. Skep dan weer vulsel op om die maalvleis te bedek.
6. Bak ongeveer 15 min tot ligbruin (180 grade).
7. Maak net seker jou maalvleis is nie te souserig nie, want dit maak jou deeg pap.
Geniet...Heerlik koud ook..pak dit graag in kosblik...ook sommer lekker vir 'n "snack" ..hou dit in die yskas vd kinders as hul wil peusel.
Kommentare