Gebakte lemoenpoeding
- The Rainbow Team
- Apr 1, 2015
- 1 min read

Beslag:
3 eiers
250 ml suiker
80 ml melk
60 ml botter
375 ml koekmeelblom
7.5 ml bakpoeier
2 ml sout
Stroop:
500 ml suiker
250 ml water
30 ml botter
250 ml lemoensap
10 ml varsgerasperde lemoenskil
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ‘n tertbak van 20 x 30 cm.
Klits die eiers goed. Voeg die suiker geleidelik by en klits tot romerig.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg dit by die eiermengsel.
Meng goed.
Verhit die melk en botter tot kookpunt.
Roer nou die kokende melk- en bottermengsel by en meng goed deur.
Giet in die tertbak en bak vir ongeveer 30 minute tot gaar of tot ‘n toetspen
skoon uitkom.
Kook die suiker, water en botter saam vir ongeveer 5 minute.
Laat effens afkoel en voeg die lemoensap en varsgerasperde lemoenskil by.
Wanneer die poeding gaar is, prik met ‘n vurk en giet die warm stroop oor die
warm poeding.
Bedien met vla, roomys of mascarpone.
Comments