Kerrie Pastaslaai
- The Rainbow Team
- Apr 1, 2015
- 1 min read

Sous:
15 ml olie
60 ml asyn of suurlemoensap
1 huisie knoffel (fyngedruk)
5 ml kerriepoeier
1.5 ml Chili poeier
5 ml bruinsuiker
Meng alles saam in ʼn houer met deksel en skud goed.
Slaai:
250g (3 koppies) skulp-pasta
100g blomkool blommetjies
100g brokkoli blommetjies
100g groenbone, hare verwyder en gesnipper
100g wortels, geskraap en gerasper
250g babamielies (effens kleiner gesny)
15 ml geroosterde sesame saad
Kook die pasta in kookwater tot net sag.
Dreineer en spoel onder koue water.
Blansjeer die blomkool, brokkoli en boontjies en voeg by die pasta tesame met die wortels en mielies.
Gooi sous oor en meng liggies.
Bedek en bêre in die yskas.
Uit: Kerrieresepte
Blansjeer (blanch): Voeg ʼn lepeltjie sout by die kokende water. Dit
verhoog die kookpunt vir beter resultate. Dreineer die gaar groente
en gooi dadelik in bak met yswater vir 30 sekondes. Dit help om die
kleur te behou en die groente ʼn krakerige tekstuur te gee.
Comentários