top of page

Volstruispotjie

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Apr 1, 2015
  • 2 min read

volstruispotjie.jpg

‘n Nommer 10-pot is perfek, want dit werk makliker as die kleiner potjies. Hierdie resep vul die pot ongeveer halfpad.

2.5 kg volstruisnek

2.5 kg volstruisstuitjie

500 g gerookte spek

30 ml kookolie

½ koppie olyfolie

8 preie (leeks), gesny

4 gekapte uie

4 chilies

8 knoffelhuisies

takkie vars roosmaryn

500 g bruin sampioene, gesny

2 eetlepels groen peperkorrels

½ koppie brandewyn

2 koppies Old Brown Sherry

1 ½ bottel goeie rooiwyn, verkieslik Karusa Pinotage

(drink die ander helfte met ‘n oop gemoed)

½ koppie suurlemoensap

4 blokkies hoenderaftreksel

20 klein piekeluie

10 klein gesnyde wortels

1 kg baba-aartappels

2 pakkies jong groente

(baby squash, baby marrow en patty pans)

2 bossies spinasie, gewas en fyn gekerf

2 eetlepels koekmeel

500 ml suurroom

knypie neutmuskaat

1 liter vars room

sout en peper na smaak

Meng die nek en stuitjie en plaas in ‘n plastiekbak - ‘n 5 liter-roomysbak

is ideaal.

Voeg olyfolie by en meng goed.

Gooi rooiwyn en suurlemoensap oor die vleis en bêre oornag in yskas.

Probeer om die bak so nou en dan om te keer sodat wyn en olie orals bykom. Verhit die kookolie in die pot en braai die vleis bietjies-bietjies tot bruin.

Haal uit en sit eenkant.

Braai nou die uie, preie, roosmaryn, chilies en groen peperkorrels. Voeg gerookte spek by braai nog.

Voeg die vleis weer by.

Verhit die brandewyn en sjerrie en voeg om die beurt by.

Om grênd te wees en as jy ‘n gehoor het, kan jy altyd dan die alkohol binne-in die pot aan die brand steek.

Die Franse noem dit flambé.

Voeg dan al die wyn en olie by wat nog in die roomysbak is.

Meng die hoenderblokkies met 500 ml kookwater en voeg ook by.

Knoffel kom laaste by.

Sit die deksel op en prut oor baie lae hitte vir 2½ uur.

Groente kom nou laag vir laag by.

Eers die aartappels, dan die wortels en laat prut vir nog 15 minute.

Voeg nou weer laag vir laag die jong groente en dan sampioene by.

Prut nog 10 minute met deksel op.

Intussen gooi jy die gekerfde spinasie blitsig in kokende water en dreineer dadelik.

Meng die suurroom en koekmeel met die gaar spinasie.

Voeg ‘n liter vars room by die pot.

Skep die spinasiemengsel oor alles, en prut met die deksel op vir nog 10 minute. Proe maar gedurig en voeg sout by soos die lus jou lei.

Bedien met stampmielies of jasmynrys of cous-cous - of mieliepap as jy

dalk van die Transvaal af kom.

Bedien saam met jou gunsteling slaaie.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page