SPUTNIKS
- Kiti De Jager
- Apr 7, 2015
- 1 min read

Viennas - regte rooies
aartappels, sag gekook en fyngemaak met sout en bietjie pietersielie.
GEEN botter of melk of iets by nie, anders klou dit nie aan die worsies nie.
Baie fyn gedruk, geen klonte nie.
Laat mash koud word en maak 'n bolletjie sag in jou hand, droog die worsies goed af met handdoekpapier en rol
mash om worsie.
As jy sukkel met die lang worsie, halveer hulle.
Plaas op bord en sit in yskas om te set.
MAAK 'N SLAP DEGIE VAN
1 eier
250 ml koekmeel
genoeg melk vir 'n slap degie
bietjie sout
Doop elke sputnik versigtig daarin met jou hand, tange haal die mash af.
Bak in warm diep olie.
Dreineer.
Dis ook baie lekker koud, veral saam met mosterd.
Dis 'n morsige werk, wat jy moet die sputnik met jou hand doop.
Tange is te hard vir die aartappel.
Skep die druppeltjies deeg uit die olie voor jy die volgende batch insit*
Comments