Affogato met wafelkoekies
- The Rainbow Team
- Apr 14, 2015
- 1 min read

Die woord affogato beteken verdrink. Jy skep vanieljeroomys in ’n glas of koppie en gooi espresso – sterk swart koffie – bo-oor.
Genoeg vir 4
• 210 g (375 ml) koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• 3 eiers
• 150 g (180 ml) strooisuiker
• 180 ml gesmelte botter
• 10 ml vanieljegeursel
• versiersuiker
• espresso-koffie
• vanieljeroomys
Stap 1. Sif meel en bakpoeier saam in ’n mengbak.
Stap 2. Klits eiers en suiker tot lig en romerig. Voeg gesmelte botter en geursel by. Meng goed.
Stap 3. Voeg gesifte meelmengsel by en meng goed. Maak seker dat geen klonte in die beslag vorm nie.
Stap 4. Verhit ’n elektriese wafelpan. Skep van die beslag in en maak wafelpan toe. Bak sowat 3minute tot gaar. Haal uit en laat afkoel. Herhaal met res van beslag. Sny wafels in porsies. Gooi versiersuiker in ’n plat bak en doop wafels in versiersuiker. Maak espresso-koffie. Skep ’n groot lepel roomys in ’n koppie. Gooi warm espresso-koffie oor roomys en sit voor met wafelkoekies.
댓글