Beesfilet ingevryf met koffie
- The Rainbow Team
- Apr 14, 2015
- 1 min read

■ 1 heel beesfilet (genoeg vir ses mense)
Koffievryfmengsel
■ 60 ml ekstrafyn espressopoeier
■ 6 knoffelhuisies, gekap
■ 60 ml fyngekapte vars roosmaryn
■ 60 ml jenewerbessies, fyn gestamp
■ 30 ml bruinsuiker
■ 60 ml olyfolie
■ Seesoutvlokkies en vars gemaalde swartpeper na smaak
Haal die beesfilet uit die yskas en laat dit kamertemperatuur bereik. Voorverhit die oond tot 230ºC. Meng al die bestanddele vir die vryfmengsel goed saam met ’n stamper en vysel. Vryf die vleis daarmee in en laat rus op ’n bakplaat tot die oond die regte temperatuur bereik het.
Vorm ’n stuk foelie om die vleis losweg te bedek en sit dit oor die filet. Sit in die oond vir 10 minute. Haal die foelievorm af (maar hou dit) en verlaag die oondtemperatuur tot 210ºC. Los die filet vir nog 10-15 minute in die oond. Haal die vleis uit die oond, bedek weer met die foelievorm en laat rus vir 10 minute onder die foelie. Sny in skywe en sit voor op romerige aartappelpuree met gestoomde groen groente of ’n groenslaai. Lewer 6 porsies.
Comments