Bessie en koffie muffins
- The Rainbow Team
- Apr 13, 2015
- 1 min read

Bestanddele
¼ koppie dennepitte of amandel vlokkies
3 koppies bruismeel, gesif
¾ koppies strooisuiker
2 eetlepels aangemaakte kitskoffie
1 eetlepels melk
1 teelepel koeksoda
100g botter, gesmelt
2 eiers
1 koppie karringmelk
1 koppie gedroogte bosbessies
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit twee 6-holte (± 100 ml) muffin pannetjies met kleefwerende sproei.
Plaas die dennepitte of amandels op ‘n bakplaat en rooster in die oond vir 5 minute.
Verwyder uit die oond en plaas in ‘n mengbak.
Meng die res van die droë bestanddele, behalwe die koeksoda, by die neute.
Meng die melk en koeksoda saam en klits die res van die nat bestanddele daarby.
Roer die nat bestanddele en bosbessies by die droë betsanddele in, moenie oorwerk nie.
Skep lepels vol van die beslag in die muffin pannetjies tot 2/3 vol.
Bak vir 15 - 20 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Verwyder die muffins uit die oond en plaas op ‘n afkoelrakkie om effens af te koel.
コメント