Blitsvinnige koffiemousse
- The Rainbow Team
- Apr 14, 2015
- 1 min read

(4 porsies)
250 g roomkaas
250 ml room
80 g strooisuiker
60 ml baie sterk koffie (espresso), effens afgekoel
4 – 8 Boudoir-koekies, grofgebreek
Klits die roomkaas met ’n houtlepel in ’n mengbak glad. Klop die room styf en vou dit in die roomkaas. Voeg die suiker en effens afgekoelde koffie by en meng goed. Skep in mooi glase of in ’n groot opdienbak. Sprinkel gebreekte Boudoir-koekies bo-oor. Jy kan ook wafer-koekies hierby voorsit.
Comentarios